Heuning

Kwaliteit Musiek Deur ‘n Kwaliteit Groep – Afrikaanse En Country Duo

Heuning se debuut album is in 2012 deur David Gresham records vrygestel. Hulle was baie vinnig op almal se lippe en in 2013 het hulle die Ghoema toekenning ontvang vir beste Country album. Hulle was in dieselfde jaar ook genomineer vir `n Huisgenoot Tempo toekenning vir beste nuweling. Hulle liedjies, “As ek Val, Bietjie Langer Bly, Drome and Skree en ek wil met jou dans” het op verskeie radiostasies se treffer parades gepronk vir tot meer as 16 weke. Hulle was ook al op verskeie televisie programme te sien en hulle musiek videos speel steeds gereeld. In Mei 2015 is hulle album “Drome” vrygestel en in Junie het hulle die geleentheid gekry om in die VSA te gaan optree by die Crystal Palace in Bakersfield California. Heuning bestaan uit Jeanette Pretorius en Hansie Roodt. Nadat Henk Dercksen( een van die oorspronklike lede) in 2016 besluit het om Spanje toe te gaan was Heuning steeds so in aanvraag dat Jeanette besluit het om die duo vir `n lewendige orkes te verruil wat baie goeie aftrek gekry het. Hansie wat op daardie stadium vir die orkes bass gespeel het, het so goed ingepas as gevolg van sy talent en veelsydigheid en die nuwe manlike lid van Heuning is gebore. Hansie wat in `n musikale familie groot geword het kan nie net mooi sing nie maar speel verskeie musiek instrumente. Hy het al in verskeie produksies soos opgetree. Jeanette het van kleins af `n passie vir musiek. Sy het op 12 jarige ouderdom reeds haar debuut album by boet Pretorius van Decibel musiek opgeneem. Sy het `n totaal van 6 albums uitgebring, insluitend 2 kinder albums en `n country album. Sy is ook bekend as die meisie wat kan jodel. Sy skryf meestal van die liedjies self en hou daarvan om betrokke te wees by die produksie. Jeanette is ook baie bekend vir haar aanbieding van vermaak by vakansie oorde en kan die mense lekker besig hou. Heuning tree steeds met of sonder hulle orkes op en hulle nuwe album sal in 2018 vrygestel word.

Ons Splinternuwe Musiek Video

Suid-Afrika se bekroonde country-duo is terug met ’n splinternuwe enkelsnit

Sê Hallo !

Maak kontak met Heuning of vra ‘n gratis kwotasie aan

9 + 1 =

Skakel

+27 61 456 7673