Op die ouderdom van nege het haar debuut album, “STUPID CUPID” die lig gesien. Op elfjarige ouderdom het sy ‘n platekontrak met Decibel-EMI gesluit, Haar album “OM TE JODEL” is kort daarna vrygestel. Sy het as kind reeds regoor Suid-Afrika getoer en gereeld opgetree. Sy was op verskeie TV programme te sien onder andere Musiek forum ( 1993 ), Tekkies( 1993 en 1994 ) en Dis hoe dit is met Steve ( 2004 en 2005 ). Lank voordat sy matriek geskryf het, het sy besluit om van musiek ‘n loopbaan gemaak.

As jong volwasse meisie, stel sy einde 2003 haar derde album “JY’S MY ALLES” vry. Die oorspronklike treffer “As ek jou vanaand kom haal”, het op verskeie trefferparades gepronk en groot opslae gewek. Sy is ook die bekende stem agter Maroela en Leo Musiek se brein baba, die Self lees en Luister reeks wat bestaan uit 16 bekende kinderverhale, asook 20 Bybelverhale. Desember 2004 stel sy ‘n kompilasie kinderalbum “Ons mooiste kinderliedjies” vry. Haar vyfde album “Neem my saam” is vroeg 2005 uitgereik. In 2010 stel sy haar album “Sal jy daar wees” vry en kry kort daarna `n platekontrak by David Gresham records as die hoof sanger van die groep HEUNING
Jeanette hou haar deeltyds besig met televisiewerk en ‘n hoogtepunt vir haar was toe sy in 2003 vir vyf weke deel was van die opname van ‘n Franse drama rolprent “Le Lion”. Sy was ook al in verskeie televisie advertensies te sien. In 2006 is Jeanette uitgenooi om aan “Talent rock” in Las Vegas deel te neem waar sy verskeie werkwinkels en kursusse oor die musiek en drama industrie bygewoon het. Sy het verskeie aanbiedings soos van onder andere “The school of film and television” in New York gekry.

Sy het ook die geleentheid gehad om saam met wyle Buck Owens se orkes “The Buckaroos” by “The Crystal Palace” in Bakersfield California op te tree. Haar optrede is lewendig op ‘n country radio stasie “Kuzz FM radio” uitgesaai. “Dit was ongelooflik om saam met ‘n orkes op te tree wat al negentien jaar saam musiek maak”. Jeanette, ook bekend as die jodel meisie bied ‘n variasie aan in haar optredes wat oud en jonk sal geniet. Sy doen ‘n verskeidenheid van ligte Afrikaanse en country musiek. Sy skryf meeste van haar liedjies self.
Jeanette sing by skoue, feeste, skole, kerke, vakansie oorde en korporatiewe funksies landswyd. Sy is ook bekend vir haar aanbieding by “Dikhololo game reserve” waar sy op `n gereelde basis sorg vir swembad vermaak vir die gaste

Musiek is ‘n groot passie vir haar en as sy nie self optree nie doen sy sang afrigting in by laerskole in Pretoria. Sy is besig met `n splinternuwe kinder projek waaroor sy een van die dae meer oor sal verklap.

Jeanette Se Sangskool

Een van Jeanette Pretorius se passies is om kinders te help om hulle aan hulle selfvertroue te bou. In 2004 sluit sy aan by Vivace musiek studio as vokale afrigter onder die leiding van Sindy Claasens. In 2010 het sy haar eie sang skool “Pronette sang studio” begin waar sy buitemuurs studente by Laerskool Menlopark, Laerskool Wierdapark en Hoërskool Eldoraigne afrig. Haar studente presteer ongelooflik goed en van hulle soos onder andere “Geric Lomas ( As jy sing ), Amarige ( Victory 5 ) Carla Strauss, en Ellen van der Westhuizen presteer later self as jong kunstenaars…

Pronette studios het al verskeie kategorie wenners by verskeie kompetisies soos Eisteddfod, Die Kraal kunstefees en Centurion kunstefees opgelewer en die sang studente presteer ongelooflik goed.
Jeanette se sangskool is tans by haar tuis studio in Sinoville . Sy fokus op vokale afrigting op klavier en werk aan intonasie, uitspraak, vertolking, projeksie en asemhaling.

Die studente sing oor `n klank sisteem in `n groot spieël en daar word ook elke skool kwartaal `n demo opname van hulle gemaak. Hulle word jaarliks ge-evalueer in die vorm van `n formele konsert en van hulle het ook al in produksies wat Jeanette self geskryf het soos “Aspoestertjie se vrugte” , “Sneeuwitjie en die sewe note” en “Kersfees is liefde” gespeel.
Kontak ons gerus vir meer inligting

Sê Hallo !

Maak kontak met Heuning of vra ‘n gratis kwotasie aan

4 + 13 =

Skakel

+27 61 456 7673